Jump to content
Sign in to follow this  
republikein

Kalahari geldsake - waar is die karkis vol Duitse silwer munte vandag?

Recommended Posts

republikein

Ek het die volgende interessante stukkie in die boek, Pioniers van die Dorsland deur Dr. P. J. v.d. Merwe (gepubliseer in 1949 en vir R5 gister by 'n pandwinkel gekoop) gelees:

 

"Uit 'n paar briefies wat Gordon Rautenbach nog in sy besit het, blyk dat geld destyds volop was in die Kalahari. In 1881 stuur George Rautenbach van Mier sommer met 'n gekleurde jong note ter waarde van 535 pond na sy broer op Warmbad [in Suidwes]. Volgens 'n ander briefie stuur John Hunter Kennedy in 1904 ook met 'n gekleurde jong 512 pond in goud, 88 pond in wissels en banknote ter waarde van 100 pond aan Stephanus Rautenbach op Mier. Banke wat 'n mens se geld kon opsluk en jou rykdom in 'n aantal syfers verander, was daar nie. Gordon kan nog onthou dat sy vader een keer 1000 pond aan Duitse silwer gehad het; dit was 'n hele karkis vol."

 

Hierdie karkis is nie 'n motorkarkis nie - wel 'n perdekarkis. Hoe groot was 'n perdekar se kis? Hierdie Kalahari-boere het met die Duitsers handel gedryf, daarom die Duitse silwer munte. Wat sou geword het van hierdie karkis vol Duitse silwer munte ter waarde van 1000 pond?! En, hoe het hierdie Duitse silwer munte gelyk?

Edited by republikein
spelling mistake

Share this post


Link to post
Share on other sites
xsiandreas

Ja, mens kan net wonder wat daarvan geword het... Dalk was dit 450kg (1000 pond) se munte? Hierdie webpage wys 'n paar duitse munte van daardie tyd: Coins of Germany: German Empire [ Coins of the World - Numismatist ] . Elke Duitse staat het ook hulle eie silver 2 Mark, 3 Mark en 5 Mark gehad: Coins of Germany: Germany states(Baviera) [ Coins of the World - Numismatist ]. Dit is nogal moelik om almal te versamel.

Share this post


Link to post
Share on other sites

Please sign in to comment

You will be able to leave a comment after signing in



Sign In Now
Sign in to follow this  

×