Jump to content
Sign in to follow this  
admin

Net vir grappe in ons eie taal...

Recommended Posts

spyker64

Lank Laas

 

 

Koos werk by n dokter as skoonmaker. Dokter vra Koos moet n ogie oor sy

pasiente hou want hy moet uitgaan.

 

Volgende dag vra Dokter vir Koos" en hoe het dit gegaan?"

 

Koos: Daar was 3 pasiente een het gehoes en ek het hom Benylin gegee"

 

Dokter:" goed so Koos, en die ander?

 

Koos:" die ander pasient het gekla oor allergie en ek het hom Allergex

gegee" Dokter:" en die laaste pasient ?".

 

" Dit was n vrou, sy het ingekom, kaal uit getrek en op die ondersoektafel

gaan le en gese" ek het vier jaar laas 'n man gesien".

 

Dokter:" O, aarde Koos en wat doen jy toe ?"

 

Koos:" en toe gooi ek EyeGene in haar oe"

Share this post


Link to post
Share on other sites
MsPlod

Woordjie vir vandag...

 

"poeselig"

 

Volgens die HAT woordeboek beteken dit "mollig en sag"

 

En hier dog ek dis a speedcop se flits!

Share this post


Link to post
Share on other sites
wayjen

KAAAA KAAAA KAAA ek lag in afrikaans.

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

Ladies Night

 

Twee getroude vrouens besluit om een aand op ‘n lekker ladies night te gaan & raak toe GOED gekletter!

 

 

2-uur oppad huis toe sit albei met ‘n vet piepie & besluit toe die veiligste plek vir ’n piepie sal in die begrafplaas wees. Nêrens is daar toilet papier in sig nie! Die een vrou besluit sy gaan sommer met haar panty afvee & gooi hom weg. Die ander een gryp toe sommer ‘n bossie blomme van ‘n graf af & vee daarmee af!!

 

 

Die volgende dag gedurende ‘n potjie golf begin die 2 se manne toe so aan die gesels raak & die een sê: “Weet jy, ek vermoed my vrou het ‘n verhouding. Sy’t vanoggend watter tyd by die huis ingestap, goed gekoring maar die ergste is sy’t nie eens meer haar panty aan gehad nie!!”

 

 

Die ander man sê: “Jy dink jy’t probleme… vanoggend vind ek my vrou op die bank – uitgepass & daar steek ‘n kaartjie by haar panty uit waarop geskryf staan “Die tyd saam met jou was wonderlik. Ons sal jou altyd onthou… van: al die manne by die brandweer stasie!!!!!!”

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

[TABLE=class: MsoNormalTable, width: 100%]

[TR]

[TD=width: 100%][TABLE=class: MsoNormalTable, width: 100%]

[TR]

[TD=width: 100%][TABLE=class: MsoNormalTable]

[TR]

[TD][TABLE=class: MsoNormalTable]

[TR]

[TD]1) Sielkundige vra : Kyk jy vir jou vrou se gesig tydens seks? Antw "Ek het 1 keer en sy't redelik die moer in gelyk!" Hoe dan so? "Sy't by die venster ingeloer......!"

 

 

2) Baas toets blond se wiskunde: "As ek vir jou R5 miljoen minus 10% gee, hoeveel trek jy af?" Blond: "Als Meneer!.... Skoene, rok, bra, pantie -FLIPPEN ALLES!"

 

[TABLE=class: MsoNormalTable]

[TR]

[TD][TABLE=class: MsoNormalTable, width: 100%]

[TR]

[TD=width: 100%]3) 'n Engelssprekende vrou gee geboorte. Sy vra die 'blonde' Afrikaanse suster aan diens: "Is it a boy?" Suster: "Nee mevrou, dit is 'n wit kind."

 

 

4) Gatiep: Gammat, wasse honne het djy?

Gammat: Haskies.

Gatiep: Ek vra wasse honne het jdy man....

Gammat: Haskies!!!!!!!!

Gatiep: Ag voetsek - Djou dowe d@#&*!

 

 

5) Koos maak 'n ongeluk. Hy se vir die polisieman: "Ek vermoed die bestuurder van die ander kar is dronk." Polisieman: "Ai meneer, die ander kar is dan 'n koei.....!"

 

 

6) Mike vra Kallie - Is Portugal ver? Kallie se nee, hy glo nie, want daar was Portugese saam met hom op skool en hulle het almal met fietse gery!

7) Man hardloop kaal in die bos. Twee olifante sien hom. Een sê:'

Kyk hoe maer is hy!' Die ander een sê: ' G'n wonder nie, kyk waarmee moet hy eet!'

8) Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir man, 'Ons het hier met 'n baie lelike ding te doen.'

Man sê: 'ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders'.

9) Koos vry sy meisie, sy raak bietjie meegevoer en fluister in sy oor:

'Koos soen my op 'n lekker plek.

Koos sê: 'Not a hell, ek ry nie nou Loftus toe nie!

10) Wat is 'n suiwer Afrikaanse woord vir Cleavage?

PRAM-POORTJIE!

11) Tannie vang oom met Playboy: "En wat is dit die?"

"Ag, ou vrou, dis soos 'n Getaway tydskrif, 'n mens sien die mooiste plekke waar jy nooit sal kom nie!"

12) AVBOB ADVERTENSIE:

Koop jou gat nou en sien hom later!

[/TD]

[/TR]

[/TABLE]

[/TD]

[/TR]

[/TABLE]

 

 

 

 

 

 

[/TD]

[/TR]

[/TABLE]

 

[/TD]

[/TR]

[/TABLE]

 

 

 

 

 

 

[/TD]

[/TR]

[/TABLE]

 

 

 

 

[/TD]

[/TR]

[/TABLE]

 

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

Mike is diep bekommerd en hy kla so n bietjie by sy pel Kallie."Ou tjom, elke keer wat ek met vakansie Margate toe gaan, raak my vrou swanger..Dis nou al 3 vakansies, en jip, 3 kinders later".."Dis n taai een daai," se Kallie.."Ek neem aan jy gaan nou maar iewers anders heen vir jou vakansie??" "Neee wat," antwoord Mike..."Ek het besluit om haar maar net in die vervolg saam te vat..."

Share this post


Link to post
Share on other sites
DestinysAngels

[h=6]Piet haat sy vrou se kat en besluit op 'n dag om ontslae te raak van die kat. Hy vat die kat en ry so 2km ver en smyt hom uit die kar uit. Toe hy by die huis kom wag die kat vir hom. Weer laai hy die kat en ry so 5km weg en smyt hom uit. Kom by die huis en hier wag die kat vir hom. Hy laai weer die kat en ry 'n ver ent weg. Dan links, dan regs, dan 'n ent terug, dan weer links en regs vir kilometers en gooi uiteindelik die kat weer uit. Na 'n ruk bel hy sy vrou en vra of die kat by die huis is. 'Ja,' sê sy, 'hoekom?' Hy antwoord: 'Gee die foon vir die kat. Ek het verdwaal!'[/h]

Share this post


Link to post
Share on other sites
TS Ron

Van der Merwe gaan strand toe op 'n heerlike sonskyn dag. Daar aangekom sien hy 'n baie mooi meisie wat lê en sonbrand. Hy gooi sy handoek langs haar oop en besluit om eers te gaan lyf nat maak voor hy ook bietjie gaan sonbrand. Die see was bietjie rof en toe die tweede brander hom onderste bo dompel verloor hy sy swembroek. Hy dobber vir ongeveer15min in die water rond toe daar 'n paar jongseuns ook kom lyf nat maak.

Hy vra toe of hulle nie vir hom 'n handoek of ietsie kan bring om hom toe te maak so dat hy uit die see kan klim nie. Een van die jong seuns bring toe vir hom 'n emmertjie wat op die strand gelê het. Hy sit toe die emmertjie voorwaar dit saak maak en gaan om sy handdoek te kry om 'n ander baaibroek te gaan haal.

By sy handoek gekom, loer die meisie vir hom en Van dink dat dit nou of nooit is. Hy weet as hy nie nou met haar gaan praat nie, sal hy nooit weer die kans kry nie. Hy haak toe af en vra haar: "ek wed jou jy weetnie wat ek nou dink nie".

Die meisie antwoord: "ek wed jou jy dink jou emmertjie het 'n bodem!!!".

Edited by TS Ron
Foute

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

[h=2]'n Roerende brief van 'n ma aan haar seun [humor][/h]

 

Liewe boet,

Ek skryf maar starig, want ek weet jy kannie vinnig lesie.Jy sallie huis nie kennie as jy huis toe kommie. Ons het getrek. Ek stuur jou baadjie wat jy gevra het, met die pos. Solat die pakkie nie te swaar issie, het ekke knoope afgesny. As jy wil weet waarie knoope is, kyk innie boonste linker sak.

Jou pa het nou 'n lekker werk. Hy het 500 mense onner hom.Hy sny die gras by die begraafplaas. En oom Sors het deesdae elke donnerdag af. Hy verf die wit kollekies op die blokkies by die dominofabriek, en donnerdae maak hulle net blenks,

Jou oom Sarel is dood.Hy het verdrink in 'n tenk mampoer bo in die berg by die ketel. Twee van sy maats het ingeduik om hom te red, maar hy het hulle van hom weggehou tot die laaste.Dit het die onnernemer drie uur geneem om die glimlag van sy gesig af te kry. Ons het hom veras, maar twee dae later het die vuur nog gebrand.

Die nuwe huis is vol verrassings. Innie badkamer is glad drie wasbakke.Een om jou hanne en gesig in te was, een om jou hele lyf in te was, en een net vir jou voete.Maar jou voete moet jy vinnig was, anners loopie water weg.Twee goed by die voet se wasbak wis onsie waarvoor dit wassie, nou gebruik onsie een virrie odbord, en ons het jou ouma se portret geraam innie ander ene.

Ek en jou pa was Dinsdagdoktertoe. Die dokter het so 'n klein glasding in my mond gesit en ek moes my mond vir tien minute toehou. Daarna wou jou pa net die ding by die dokter kooop.

Oom Soois en tant San se gasstoof het ontplof en skiet hulle altwee toe deurie kombuis dak. Maar tant San hettie omgegee nie. Sy se dit was die eerste keer in twintig jaar dat hulle saam uit was.

Jou suster Susanna het 'n baba gehad vanoggend.Ek het noggie gehoor wat dit issie so ek weetie of jy 'n oom of 'n tante issie.

Dit het net twee keer gereen verlede week.Eers vier dae, toe drie dae. Maandag het die wind so gewaai dat een van die henne dieselfde eier drie keer gele het.

Ons het 'n brief vannie ondernemer wat jou oupa begrawe het gekry.Hy se as onsie die laaste paaiment binne sewe dae betaalie kom grawe hy hom weer uit.

Jou neef Karools hette telegram gekry van sy meisie. Dit se: "kannie langer waggie, trou met jou pa. Liefde "Moeder"

Oom Willie hettoe 'n anner kar gekoopo. 'n Heilige een, want allie hel is uit hom gery.Hy kannoggie oor die bargain kommie, want hy le dan allie tyd onner die ding.Die wiper willie wipe nie, die tappets willie tap nie en die pistons werk ookie lekke nie.

Liefhebbend, jou Ma,

NS. Ek wou nog die R10 in sit wat jy gevra het, maar nou is die brief klaar toegeplak.

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

’n Aantreklike boerseun sit by die kroeg. Hy suip die 1 whiskey na die ander

en tjank soos n baba. "Wat's fout? Wil die barman weet. "Ek het gister daar

op die plaas op my perd gery, toe kom ek op n pofadder af in die middel van die

pad," vertel hy. "Toe ek my rollie uithaal om hom vrek te skiet, toe begin

die pofadder met my praat." "Hy se toe hy is n tower pofadder en as ek hom

uitlos, dan gee hy my 3 wense.""Sjoe" se die barman "waarvoor wens jy toe?"

"Ek wens toe ek is so aantreklik soos Bobby van Jaarsveldt, so goed gebou

soos Brian Habana en so bedeeld soos die perd waarop ek ry!""Nou maar toe" se

die barman "waarvoor tjank jy so?" "Toe ek by die huis kom en ek kyk in die

spieel sien ek, ek is deksels aantreklik. Toe ek my hemp uittrek toe sien

ek, ek is gebou om te hou, maar toe ek my broek uittrek, toe onthou ek EK

HET MET DIE MERRIE gery.

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre_Henri

Skoonma en die wishing-well

 

My skoonma het by 'n wens-put (wishing well) afgeval.

 

Verstommend - ek het nie geweet daai wensputte werk regtig nie!

 

Pierre

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre_Henri

Ek het nou die dag "camouflage" broeke op Bid-or-Buy gaan soek.

 

Maar vir een of ander rede kon ek nie een kry nie ...

 

Pierre

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre_Henri

Oops .....

 

‘n Vrou klim op ‘n bus met haar baba.

Die bus-drywer se “Dit is die lelikste baba wat ek nog ooit in my lewe gesien het

 

Die vrou, rooi in die gesig, gaaan sit agter in die bus langs ‘n man se se vir hom “Daai busdrywer het my nou so verskriklik in die gesig gevat met sy opmerking oor my baba

Geen probleem” se die man langs haar “Gaan kak hom uit terwyl ek die bobbejaantjie vashou vir jou

Pierre

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

Die Ingelse Taal!!!

In Brakpan sukkel die ouens maar met die Ingels.

 

Die matrieks skryf hulle engels 2de taal eindvraestel.

 

Toe hulle klaar is, vra Koos vir Piet: “Hoe lyk jou leeu wat ons moes teken?”

 

“Watse leeu?” vra Piet.

 

Koos sê: “Het jy dan nie gesien nie?

 

Onder aan die vraestel het gestaan ‘Draw a line’

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

n Goeie prokureur moet nooit ‘n getuie ‘n vraag vra as hy nievoorbereid is vir die antwoord nie!!!!

Tydens ‘n hofsaak in die Elsiesrivier Magistraatshof roep die klaer seprokureur sy eerste getuie na die getuiebank – ‘n bejaarde ou dame.

 

Hy naderhaar en vra: ” Mev. Jantjies, ken jy my?”

Sy antwoord: “Ja, of course ken ek jou Mister Williams.

Djy’t dan voor mygroot geword – maar was jy nie ‘n disappointment nie!

Djy lieg en bedrieg, hoeragter jou vrou se rug en skinner van anner mense.

Djy dink djy’s a big shot,maar het nie die brains om te wiet dat djy maar net ‘n ordinary legal clerk byAbie’s Attorneys gaan bly nie.

Ja-nee, ek ken vir jou!!!”

 

Die arme prokureur was geskok.

Hy weet nie mooi wat om te sê nie, wys toemaar in die rigting van die prokureur vir die verdediging, en vra:

“Mev. Jantjies, ken jy die prokureur vir die verdediging?”

Sy antwoord weer: “Ja, of course, vir hom ken ek ook vandat hy ‘n laaitie is– hy’s lui, drink hopelesly te veel en sy law practice is van die worst innieland.

Hy’t ook al drie keer op sy vrou ge-cheat by The Ranch oppad Paarl toe,sê Sally vi my wat daar drinks bedien.

Ja, ek ken hom alte goed.”

 

Die prokureur vir die verdediging val amper van sy stoel af van skok.

 

Net toe roep die Magistraat die hof tot orde en vra die prokureurs ‘toapproach the bench’.

Hy sê toe in ‘n sagte, baie ernstige stem vir hulle:

“As enige een van julle twee bliksems vir daaiantie vra of sy vir my ken, sit julle altwee met julle gatte in die tronk!!!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre_Henri

Twee ouens sit in 'n bar.

 

Die een begin die ander uit te skel.

 

Hy skree "Ek het by jou ma geslaap!" Die kroeg raak stil. Almal luister wat die ander dronkie gaan antwoord.

 

Die eerste skree weer " EK HET MET JOU MA GESLAAP !!"

 

Die ander een se " Pappa, jy is dronk - gaan huistoe"

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre_Henri
Twee ouens sit in 'n bar.

 

Die een begin die ander uit te skel.

 

Hy skree "Ek het by jou ma geslaap!" Die kroeg raak stil. Almal luister wat die ander dronkie gaan antwoord.

 

Die eerste skree weer " EK HET MET JOU MA GESLAAP !!"

 

Die ander een se " Pappa, jy is dronk - gaan huistoe"

 

Edmund dink dit is moer snaaks maar ek kan hom nie hoor lag nie?

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels
Edmund dink dit is moer snaaks maar ek kan hom nie hoor lag nie?

 

Ek verstaan regtig nie die laaste gedeelte van jou grappie nie Pierre Henri..........of dit was moer flou.....:-(

Edited by MiemsJewels

Share this post


Link to post
Share on other sites
lilythepink

Ek ook verstaan nie vir Pierre Henri nie. Die laaste lyn is nie my soort grap nie! :mad:

Share this post


Link to post
Share on other sites
JANDS

Net n kort grap vir julle. "Suid Afrika huidiglik."

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels
Net n kort grap vir julle. "Suid Afrika huidiglik."

 

in sy moer Jands?

Share this post


Link to post
Share on other sites
JANDS

Goed op pad sussa. Interressante tye le voor.

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels
Goed op pad sussa. Interressante tye le voor.

 

 

VERSEKER! Dis 'n uitgemaakte saak!

Share this post


Link to post
Share on other sites
oaks and acorns
Twee ouens sit in 'n bar.

 

Die een begin die ander uit te skel.

 

Hy skree "Ek het by jou ma geslaap!" Die kroeg raak stil. Almal luister wat die ander dronkie gaan antwoord.

 

Die eerste skree weer " EK HET MET JOU MA GESLAAP !!"

 

Die ander een se " Pappa, jy is dronk - gaan huistoe"

 

 

Ek verstaan regtig nie die laaste gedeelte van jou grappie nie Pierre Henri..........of dit was moer flou.....:-(

 

 

Ek ook verstaan nie vir Pierre Henri nie. Die laaste lyn is nie my soort grap nie! :mad:

 

 

 

Laughter is the best medicine - funny quotes, sayings and pictures

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

Hahaha Oaks & Acorns, youve made my day. :-) :-) :-)

Share this post


Link to post
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account in our community. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Sign in to follow this  

×