Jump to content
Sign in to follow this  
admin

Net vir grappe in ons eie taal...

Recommended Posts

MiemsJewels

Windjie

 

Tydens haar maandelikse besoek, sê die ou tannie aan die dokter:

"Hier's groot fout dokter. Ek poep al vir twee weke soos 'n ryer.

Dis onophoudelik en die drukking en vibrasies pla erg. Maar dis

gelukkig

nie 'n probleem in sosiale omstandighede nie, want dit het geen reuk

nie en maak ook geen geluid nie. Ek het selfs al twintig keer gepoep

vandat ek hier by jou sit."

Inskiklik knik die dokter sy kop en skryf aan die tannie pille voor en

vra dat sy na twee weke moet terugkom om hom weer te sien.

Na twee weke is die ou tannie terug maar die keer is sy woes onsteld:

"Watse bliksemse pille het jy vir my gegee dokter?! Ek poep nogsteeds

soos 'n resiesperd op steroids. Dit maak nogsteeds geen geluid nie,

maar nou vrot dit soos vark-afval wat vir 'n week in die son gelê en

gis het!!!"

Die dokter knik weer inskiklik en sê:

"Noudat ons tannie se sinus probleem opgelos het, kan ons begin werk

aan tannie se gehoor probleem."

Share this post


Link to post
Share on other sites
lilythepink

Growing old is not for sisses, Miems! LOL

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels
Growing old is not for sisses, Miems! LOL

 

LOL, That's a fact Lilly

Share this post


Link to post
Share on other sites
TS Ron

Twee meisie veldmuise sit elkeen met n pakkie kaaskrulle en praat oor hul kêrels.

Die een meisie muis haal 'n foto van haar muis kêrel uit en wys dit vir haar vriendin.

Dis 'n pragtige seun muis met donker strepe oor sy breë muis skouers.

"Sjoe, maar hy's nogal 'handsome' ! antwoord die vriendin.

"Maar laat ek jou wys hoe my kêrel lyk", sê sy terwyl sy 'n foto uit haar muis hand sakkie haal.

"My f*k dis dan 'n vlermuis!" sê die ander vriendin verbaas.

Geskok gryp sy die foto terug, kyk daarna en roep uit:

"Die lae bl!ksem!!!! En hy vertel my al die tyd hy's 'n “pilot” !!!!!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

2 seuntjies stry oor die grootte van hul pa se plase.

 

Die een seuntjie sê, "my pa se plaas is so groot, as ons 5h30 met die

bakkie vertrek kom ons eers na skemer by die eerste hoekpaal uit!"

 

die tweede een sê, "ons het jare terug ook so 'n k@k bakkie gehad........"

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

Kameelperd gesels met 'n

muis. Vermakerig vertel Kameelperd: "Dis te heerlik om so

lang nek te he... Met etes kan ek elke happie geniet die

heelpad oppad maag toe en in die somer is dit so verfrissend om

ietsie koud te drink... die koel vog verkwik my hele lyf terwyl

dit in my keel afvloei...

 

" Die muis kyk hom geirriteerd aan

en vra: "Al ooit gekots...?"

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

NAAKTHEID: Ek en my drie klein seuntjies was eendag op pad winkel toe in die kar, toe die dame in die "convertible" voor ons ewe skielik opstaan en vir almal waai. Sy het nie 'n draad klere aan gehad nie. Terwyl ek nog besig was om oor die skok te probeer kom hoor ek my 5-jarige van agter af sê: "Mamma, daai tannie het nie haar "safety belt" aangehad nie!!"

EERLIKHEID: My seuntjie het vanoggend heel onsteld uit die badkamer gehardloop gekom en my vertel dat sy tandeborsel in die toilet beland het. Ek het die tandeborsel versigtig uitgehaal en in die asblik gaan gooi. Hy het my aangekyk, badkamer toe gehardloop en my tandeborsel gaan haal: "Dan moet ons seker die een ook weggooi, hy het laasweek in die toilet geval."

OPINIES: Met haar eerste skooldag het die dogtertjie by die skool opgedaag en vir haar juffrou 'n briefie van haar ouers af gegee. Die briefie het gelees: "Die kind se opinies is nie nood-wendig die van haar ouers nie."

TAMATIESOUS: (Die een se einde moet in engels gesê word) 'n Dogtertjie se ma was hard besig om die laaste bietjie tamatiesous uit die bottel te probeer kry, toe haar selfoon lui. Sy vra toe haar vierjarige om dit te antwoord. "Dis die dominee mamma". "Mommy can't come to the phone to talk to you right now, she's hitting the bottle."

POLISIE: Tydens 'n roetine besoek by 'n laerskool het 'n polisieman vertel hoe hy onderbreek is deur 'n 6 jarige dogtertjie. Sy het hom op en af bekyk en naderhand gesê: "Is jy 'n polisieman?" "Dis reg". "My mamma het gesê as ek ooit hulp nodig het moet ek julle vra om my te help......" "Wel, my skoen is los, kan jy hom vasmaak?"

OU MENSE: Ek het vir 'n organisasie gewerk wat maaltye aan ouetehuise voorsien het. My 5 jarige dogtertjie het altyd saamgegaan wanneer ek aflewerings gaan doen het, en was altyd baie geïnteresseerd in "ou mens dinge" , soos rolstoele ens. Een dag toe kry ek haar waar sy na 'n paar vals tande in 'n bakkie water staar. Ek het myself reggemaak vir duisende vrae. Sy het na my gekyk en gefluister: "Die tandemuis sal dit nooit glo nie!"

SKOOL: Na haar eerste week op skool, kom 'n graad eentjie eendag by die huis. "Ek mors net my tyd" het sy vir haar ma gesê. "Ek kan nie lees nie, ek kan nie skryf nie, en hulle wil my nie toelaat om te praat nie!"

 

 

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

Sarie vertel dat, toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto afkom van 'n skouerlose bloesie, sê die kleinding:

"Ouma, jy moet vir my ook so bloesie maak sonder handvatsels."

Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees.

Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe:

"Oupa, het die Here vir oupa gemaak?"

"Ja, my ding," antwoord hy, "dit was sommer al lank gelede."

"Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag.

"Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer.

Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa?!"

Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem.

Hy leun oor na sy ma toe en sê " Moenie vir my betaal nie – ek is nog onder ses!"

'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te lank aanhou na haar sin.

Uiteindelik fluister sy vir haar ma: "As ons nou vir hom die geldjies gee, sal hy ons dan laat gaan?"

Saartjie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie plooie ontmoet.

Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe: "Hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"

Jack het sy ma dopgehou terwyl sy kleinsus borsvoed.

Na 'n rukkie vra hy: "Ma, hoekom het jy twee? Is een vir koue- en die ander een vir warm melk?"

Op 'n keer vra die vyfjarige Melanie vir ouma hoe oud sy is.

Ouma antwoord dat sy nou al so oud is dat sy nie eers meer kan onthou hoe oud nie.

Melanie gee toe goeie raad: "Ouma moet net agter in ouma se panties kyk. Myne sê vyf tot ses!"

Stefan gee vir sy ma 'n drukkie toe hy gaan slaap en sê:

"Ek is so lief vir mamma - as ma doodgaan, gaan ek ma onder my kamervenster begrawe!"

Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat die prop "Child Proof" is en dat sy sal moet help.

Met groot oë vra Brittany: "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oopmaak?"

Susan was besig om vrugtesap te drink toe sy begin hik.

"Moet asseblief nie weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "...dit laat my tande hoes!"

Edited by spyker64

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

Juffrou: "Kinders, vertaal die volgende sin na Afrikaans:

"Malema swims in the Vaal dam".

Jannie se hand skiet op:

" Daar's 'n drol in die drinkwater!

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

John het n afspraak by die haarkapper en stap presies 3-uur by die salon in.

 

Haarkapper:" Jislaaik, jy is presies op tyd, net soos George"

 

John:" Wie is George?"

 

Haarkapper:" George was n ou wat alles altyd reg en perfek gedoen het. Soos jy nou presies 3-uur hier ingestap het was George altyd stiptelik en altyd hoflik en altyd netjies"

 

John:"Ja, maar almal het tog maar iewers n tekortkoming of twee"

 

Haarkapper:"Nie George nie nee, hy was n uitstekende atleet, rugbyspeler en tennisster met n gespierde liggaam om van te droom. Hy kon opera sing wat Frank Sinatra na n amateur laat klink het en dan kon hy boonop homself op die klavier begelei. Nee George was n amazing ou, nie so allerdaags en onbeholpe soos ek nie"

 

John:"Klink my hy was regtig n merkwaardige ou"

 

Haarkapper:"Baie merkwaardig. Hy het n brein soos n computer gehad. Hy het almal se verjaarsdae en huweliksherdenkings onthou. Hy was n wynkenner en fynproewer van formaat met die mooiste tafelmaniere ooit. Verder kon hy enige ding op aarde regmaak, nie soos ek wat net probeer om die stoof se fuse te vervang en dan die hele buurt se krag laat trip nie. Nee, ou George kon net niks verkeerd doen nie"

 

John:"Ja-nee wragtig, jy kry nie baie sulke mense nie"

 

Haarkapper:"Jy weet, hy het die gawe gehad om nooit in die verkeer vas te sit nie. Hy het altyd die kortste en vinnigste roete gery sonder om ooit in n verkeersknoop te land. Ek, aan die ander kant, land elke bleddy dag in n traffic jam. George het net nie foute gemaak nie, en kon hy n vrou bederf en laat goed voel! Al is sy verkeerd het hy nooit tee gepraat of geargumenteer nie. Kyk, meer perfek as George kan en sal jy nerens kry nie"

 

John:"Ongelooflik, hoe het jy hom ontmoet?"

 

Haarkapper: "Nee, ek het nooit die voorreg gehad om vir George te

ontmoet nie. Hy is n paar jaar gelede oorlede ... ek het met sy weduwee getrou"

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

Twee vroumense is aan die golf speel. Die 1ste een slaan af en kyk in afgryse hoe haar bal reguit na ‘n ander groepie mans trek daar naby. Die bal tref die een man en onmiddellik slaan hy sy hande tussen sy bene saam en val grond toe.

 

Die vrou hardloop onmiddellik oor en begin sommer al op ‘n afstand verskoning aan te bied vir die ongeluk.

“Ek is jammer, Ek is ‘n Fisio en as jy my toelaat kan ek probeer om die pyn te verlig”

“Dit is OK ek sal oor ‘n paar minute dalk weer reg wees” kreun die man, terwyl hy steeds opgekrul lê met sy hande tussen sy bene.

Die vroutjie voel baie sleg en op haar aandrang laat hy haar toe om te help. Sy neem versigtig sy hande weg, maak sy gulp oop en sit haar hand in. Sy gee hom ‘n baie sagte, lekker massering en vra hom later: “Hoe voel dit nou?”

 

“Ek voel baie beter, maar ek dink nog steeds my duim is gebreek!

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

Wie Ondersteun JY?!?

Blou Bul Rugby is soos ‘n Blou Movie… Meestal voorspelbaar, maar steeds lekker om te kyk!

Sharks Rugby is soos Finding Nemo… Jy cheer vir die Klein bliksem eintlik net omdat jy hom jammer kry.

Stormers Rugby is soos Robben Eiland… Jy lees nou en Dan daarvan ingeskiedenis boeke.

Lions Rugby is soos Brokeback Mountain … Daar’s altyd ‘n klomp gewillige poepholle wat op die veld rondhardloop

Cheetah Rugby is soos Eskom… Jy weet daar’s krag, maar die ligte is af.

Edited by MiemsJewels

Share this post


Link to post
Share on other sites
wayjen

kaaaa kaaa kaa

 

(ek lag in afrikaans).

Share this post


Link to post
Share on other sites
TS Ron

Dankie Miems sal maar nie laat weet vir ons ondersteun nie!

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

'n Ware wynkenner

Die toetser in die alkoholfabriek het gesterf en die direkteur was op soek na 'n nuwe een.

'n Dronkie met 'n verslonste, vuil voorkoms het aansoek gedoen. Om van hom ontslae te raak, gee die direkteur se blonde sekretaresse toe vir hom 'n glas wyn om te proe.

Die man het 'n mondvol geneem, en gese: "Dis 'n cabernet, drie jaar oud, noordelike hang, twee jaar in hout."

"Dis korrek!" roep die direkteur verbaas uit, en sy sekretaresse gee die man nog 'n glas.

"Shiraz. Suidelike hang. Ses jaar oud, drie jaar in eikehoutvate."

"Korrek!" Die direkteur was verstom en wink sy blonde sekretaresse eenkant.

Sy bring toe vir die man 'n glas urine, en die alkoholis proe dit.

"Blondine, 26 jaar oud. Sy is drie maande swanger," se hy. "En as julle my nie aanstel nie, gaan ek vir almal se wie die pa is!"

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

DOMINEE AAN DIAKEN: "Broer ons koop elke maand 12 bottels wyn en gebruik net

ses, wat word van die wat oorbly?"

DIAKEN: "Dominee, as jy hier staan waar ek staan, kan jy niks hoor nie!"

DOMINEE: "Ek is ernstig Broer. Waar is die ander ses bottles wyn?"

DIAKEN: "Ek is ook ernstig, Dominee. Kom staan hier waar ek staan, dan sal

jy hoor dat jy niks kan hoor hier waar ek staan nie."

Die dominee gaan staan toe waar die diaken gestaan het en die diaken vra

hom: "Dominee, wat maak jou kar twee-uur in die oggend by suster Sara se

huis?"

DOMINEE: "Haai werklik, broer, as 'n mens hier staan, kan jy nie 'n woord

hoor nie!"

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

Lemoene

Twee boeties, Gert en Koos het 'n sak vol lemoene by die bure se huis gesteel en het besluit om na die naaste begrafplaas te hardloop waar hulle dit eweredig onder mekaar sou verdeel. Toe hulle by die groot staalhekke kom om die begrafplaas binne te gaan, val twee lemoene uit die sak en word net daar gelos.

 

'n Papdronk man oppad terug van die kroeg loop naas die begraafplaas verby en hoor toe die volgende: Een vir my en een vir jou, Een vir my en een vir jou.

 

Hy skrik homself sommer dadelik nugter en hardloop so vinnig soos wat sy voete hom kan dra na die naaste dominie.

 

"Dominie, kom saam met my om te hoor hoe *** en satan lyke uitdeel in die begrafplaas.". Hulle altwee hardloop na die begrafplaas en die stemme gaan voort. Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!

Skielik sъ die een stem.: "Nou wat van die twee by die hek?".

 

Die dominie was die een wat die vinnigste kon padgee...!!!!

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

INNERLIKE VREDE

 

As jy die dag sonder koffie kan begin;

 

As jy altyd opgewek is en die pyne en skete ignoreer;

 

As jy mense nie met jou klagtes verveel nie;

 

As jy elke dag dieselfde kos kan eet en dankbaar wees;

 

As jy kan verstaan dat die mense vir wie jy lief is, waarskynlik te besig is

om aandag aan jou te gee;

 

As jy kritiek en beskuldigings sonder griewe kan verduur;

 

As jy spanning sonder mediese hulp kan oorkom;

 

As jy sonder alkohol kan ontspan;

 

As jy sonder slaappille kan slaap -

 

DAN IS JY WAARSKYNLIK DIE GESIN SE HOND

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

17 Maniere om te weet jy is kommin:

1 Die Halloween pampoen op jou stoep het meer tande as jou girlfriend.

 

2 Jou twaalf jarige dogter mag rook by die tafel voor haar kinders.

 

3 Jy is al drie keer getroud maar jou skoonouers bly dieselfde.

 

4 Jy dink chicks wat nie in jou belangstel nie, bestaan nie.

 

5 Jack Daniels is op jou lys van mense wat jy graag wil ontmoet.

 

6 Jy dink Dom Perignon is 'n Mafia baas.

 

7 Jou vrou se hare het al vasgesit in die ceiling fan.

 

8 Jy dink Johnny Walker het die comrades gewen.

 

9 Jy het al 'n vuurhoutjie gestrike in jou huis en net die wiele het oorgebly na die ontploffing.

 

10 Jy kan nie met jou sweetheart trou nie omdat die wet dit verbied.

 

11 Jou toilet papier het bladsy nommers.

 

12 Jy het een volledige stel koppies en almal sê Wimpy

 

13 Die grootste dorp wat jy al in was, was Boys Town .

 

14 Jou werkende TV sit Bo op jou gebreekte TV.

.

15 Jy vertel vir almal jy bly in Johannesburg maar dis eintlik Brakpan, Kempton, of Krugersdorp.

16 Jou bure dink jy is 'n speurder want die polisie bring jou altyd huis toe

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

LA G 'n B I E T J I E........

 

 

 

1. HUWELIKSERTIFIKAAT: 'n Soort Jaglisensie wat jou tot een bok beperk;

 

2. KREDIETKAART: Iets waarvan die limiet ook die mikpunt is;

 

3. VLEISBRAAI: 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so 'n bietjie gaar is;

 

4. BABA: 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word;

 

5. BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele;

 

6. BEGROTING: Iets wat jou laat wakker le nog voor jy jou geld bestee;

 

7. DIEET: 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.;

 

8. ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer 'n kind nie wil eet nie;

 

9. GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom;

 

10. GEWETE: Iets wat pla as alles baie lekker gaan;

 

11. KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te se waar jy is nie;

 

12. UNIVERSITEITSGRAAD: Kwitansie wat 'n kind ontvang vir die rekening wat pa betaal het;

 

13 MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil;

 

14. PREDIKANT: Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar

Share this post


Link to post
Share on other sites
MiemsJewels

 

 

 

Eendag sit Oupa op die stoep toe Ouma van die kombuis af skree: 'Oupa, daar is fout met die kleinhuisie! (longdrop)

 

Oupa sê: 'Daar is niks fout met die kleinhuisie nie.'

 

Maar Ouma sê: 'Daar is. Gaan kyk.'

 

Nou, in daardie tyd was die man veral baie bang vir sy vrou gewees, so oupa staan maar op en brom-brom al na die kleinhuisie toe.

 

Hy kom daar aan en sê: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie.'

 

Ouma sê: 'Daar is. Gaan in,' en Oupa gaan toe maar in.

 

Toe hy binne is kyk hy rond, maar sien niks verkeerd nie en sê: 'Ouma, ek is in die kleinhuisie. Daar is niks verkeerd nie.'

 

Ouma sê: 'Daar is. Steek jou kop in die gat in..'

 

Oupa sê: 'Ouma, ek gaan nie my kop in die gat insteek nie.'

 

Dis daardie tyd wat Ouma haar stem redelik dik maak en sê: 'Oupa, steek nou jou kop in die gat in! en arme Oupa doen dit nou maar so. Nou is Oupa se kop redelik in die longdrop in om te kyk wat fout is.

 

Oupa skree toe: 'Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie!'

 

Ouma sê: 'Trek jou kop uit' en oupa trek toe sy kop uit, maar toe haak sy baard in die gleuwe van die gekraakte houtplanke vas en hy gil verskrik: 'Ouma, kom help! My baard sit vas!', waarop Ouma antwoord: 'Dis freakin seer, né!!!'

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

Wat het jy as jou skoonma tot by haar skouers in sement staan?

 

Te min sement!!!

Edited by admin

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

Een Aand Op 'n bus

'n Man wat hoog in die takke was, klim een nag op die bus. Hy steier in die gangetjie op en val neer langs 'n bejaarde dame. Sy kyk hom op en af en sê: "Ek het nuus vir jou. Jy is reguit op pad hel toe." Die man spring op en roep: "Stop, stop! Ek is op die verkeerde bus!"

Share this post


Link to post
Share on other sites
spyker64

Die droogte in die Karoo het so erg geword dat daar niks meer oor is van

Oom Sarel se plaas nie. Hy het al sy beeste laat slag, al sy skape verkoop.

Die veld is so droog soos hy dit nog nooit in sy 65 jaar gesien het nie.

 

Die plaaswerkers het verlede maand getrek om te gaan kyk of hulle nie kan

werk kry in Zimbabwe nie, so sleg het dit gegaan.

 

Oom Sarel sit een oggend op die stoep, verby moedeloos.

 

Skielik kom daar 'n helikopter oor gevlieg. Nog nooit tevore het hy 'n

helikopter gesien nie. Hy kyk die helikopter so, draai na Tant Sarie en se

vir haar: "Daar fokof die windpomp ook nou!"

Share this post


Link to post
Share on other sites
Pierre_Henri

Bang vir niks ...

 

'n Man ry in sy kar en 'n polisieman trek hom van die pad af.

 

"Meneer, het jy enige vuurwapens aan jou?"

 

"Ja," se die man. "Ek het 'n 9mil op my heup, 'n 45 op my enkel, 'n .22onder my sitplek en 'n haelgeweer in die boot."

 

"Jislaaik meneer, waarvoor is JY bang?" se die polisieman.

 

"Fokkol - Pappie, fokkol!"

Share this post


Link to post
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account in our community. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Sign in to follow this  

×