Jump to content
Sign in to follow this  
admin

Net vir grappe in ons eie taal...

Recommended Posts

admin

By request...a thread for Afrikaans jokes only...

 

Bly bo die komberse asseblief... :wink:

Share this post


Link to post
Share on other sites
Technik

Boesman en die Spieël

 

'n Ou Boesman kry 'n spieël in die veld.

Hy weet nie wat dit is nie.

Skrik toe hy daarin kyk, want die gesig wat hy sien, lyk nes sy oorlede pa.

Elke keer as hy na sy pa verlang, kyk hy in die spieël en huil verdrietig.

Sy vrou wonder wat aangaan en gryp die spieël.

Sy kyk daarin en sien die lelikste vrou wat sy nog ooit gesien het.

Sy skreeu vir haar man: 'Jou gemors, is dit oor hierdie lelike vrou wat jy so tjank?'

Share this post


Link to post
Share on other sites
Technik

Slim vang sy Baas

 

In die VSA, het 'n prokureur vir hom 'n doos baie seldsame en duur sigare gekoop en dit verseker, onder andere teen brand.

 

Binne 'n maand, nadat hy sy hele voorraad duur sigare gerook het, en voordat hy selfs nog sy eerste premie op die versekeringspolis betaal het, het hy 'n eis teen die versekeringsmaatskappy ingestel. In sy eis het hy verklaar dat hy die sigare 'in 'n reeks klein brandjies' verloor het.

 

Die versekeringsmaatskappy het geweier om uit te betaal met vermelding van die ooglopende redes en dat die eiser die sigare in die normale gang van sake verbruik het.

 

Die prokureur maak toe 'n saak...... en WEN!

 

In sy uitspraak het die regter die versekeringsmaatskappy gelyk gegee dat die eis beuselagtig was. Hy het egter bygevoeg dat dat die prokureur 'n polis van die maatskappy gehad het wat by implikasie aanvaar dat die sigare versekerbaar is en dat hulle dit teen brand sal verseker, sonder om te spesifiseer wat 'n onaanvaarbare brand sal wees. Daarom is die versekering verplig om uit te betaal.

 

Ten einde die koste van 'n lang uitgerekte appelsaak te vermy, het die versekeringsmaatskappy die uitspraak aanvaar en $15 000 aan die prokureur uitbetaal as skadevergoeding vir die sigare wat in die 'brande' verlore geraak het.

 

Nadat die prokureur die tjek gewissel het, het die versekeringsmaatskappy hom laat arresteer op 24 aanklagte van brandstigting!!

 

Met sy eie versekeringseis en die getuienis van die vorige saak wat teen hom gebruik is, is die prokureur daaraan skuldig bevind dat hy met voorbedagte rade sy versekerde eiendom verbrand het en is tot 24 maande tronkstraf of 'n boete van $24 000 gevonnis!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Technik

DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......

 

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly.

 

Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag.

 

Op die plaas aangekom sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet.

 

So gesê, so gedaan. Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap.

 

Hy hardloop valval terug na waar die die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar vaagweg en dit lyk op 'n afstand kompleet of sy haar eerste epileptiese aanval beleef. Toe die stof effens gaan lê kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in 'n klein sirkel soos 'n rot wat te min gif ingekry het en sy praat onophoudelik op een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is. Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in 'n moerse argument met 'n ander man betrokke en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstiek deur.

 

 

"Meneer, dit is my Koedoe die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koeëls!" gil se terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in stomme dier se skedel druk om te demonstreer.

 

"Goed mevrou, bedaar net!" sê die man vir die swaar gewapende en totaal histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die Koedoe vir jou. "Gee jy om om net jou safety op jou geweer te sit terwyl ek my saal en toom van jou Koedoe afhaal?!?!?!"

Share this post


Link to post
Share on other sites
afriventure

Niemand lewe vir ewig nie

 

Oor LEWE en DOOD GAAN

Laasnag, in die kuierkamer, sit ek en my vrou en praat oor lewe, en oor doodgaan. As 'n mediese praktisyn, het ek geldige en etiese redes hoekom ek vaste oortuigings het oor seker dinge.

 

Net om seker te maak dat sy weet hoe ek daaroor voel, neem ek haar hand, kyk haar in die oë en verduidelik ek dit kort en saaklik:

 

"Skat, moet asseblief nie probeer om my aan die lewe te hou, as ek soos 'n 'vegetable' daar lê, geheel en al afhanklik van masjiene en elektroniese toerusting en vloeistowwe uit bottels nie. Ek vra jou nou, as ek in so 'n toestand is en nie meer vir myself kan besluite neem nie, dan sal ek eerder wil sterf."

 

Toe staan my vrou van die bank af op, met 'n uitsonderlike uitdrukking van bewondering op haar gesig... en diskonnekteer die TV, die DSTV, die Dish, die DVD, die PC, sy vat my selfoon, die iPod, en die Xbox, en toe gaan sy yskas toe en gooi die brandewyn en die whiskey en al my bier in die wasbak se drein af!

 

EK WAS AMPER DOOD...

Share this post


Link to post
Share on other sites
treasureisland

Ons predikant op Ladybrand het huisbesoek gaan doen by 'n huisgesin waar die ouers 'n identiese tweeling het. Alhoewel die outjies identiese voorkomste gehad het, het hul persoonlikhede soos dag by nag van mekaar verskil. Klein Andre was 'n rustige denker, maar Werner was 'n mannetjie wat baie lief was daarvoor om almal poetse te bak....'n regte klein woelwater.

Tydens die huisbesoek het dominee dan ook verneem of die seuns darem in die aande voordat hulle gaan slaap hul dag afsluit met 'n gebedjie, waarop Mamma bevestig het dat dit wel die geval is. Klein Andre het aangebied om vir dominee sy vaardighede met sy gebedjie te illustreer, en hy trek sommer dadelik weg:"

Liewe *****, baie dankie vir my mammie en pappie en die kos wat ek elke dag eet. Maak asseblief my boetie 'n soet seun want hy is party dae baie stout. Amen!!"

Klein Werner het tjoepstil na sy boetie se gebed gesit en luister, waarop hy as volg gereageer het:" Liewe *****, baie dankie vir my mammie en pappie en die kos wat ek elke dag eet. Maak asseblief my boetie dood, want hy skinder van my by Jou!!!"

Share this post


Link to post
Share on other sites
treasureisland

Jan, 'n gelowige gaan jag. In die bos storm n leeu hom. Hy bid, Here

laat dit n christelike leeu wees en dat hy my genadig sal wees. Die

leeu stop by Jan, sit sy poot op Jan se kop en se: Seen, Heer die

voedsel wat vir my voorgesit is en maak my opreg dankbaar daarvoor. Amen

Share this post


Link to post
Share on other sites
Tjaart van der walt

Die Bybelgenootskap se winkel het 'n bordjie buite wat lees: "Man/vrou gesoek vir deur-tot-deur verkoop van Bybels". 'n Man stap binne en sê, "E-e-e-k s-s-s-s-s-ou g-g-g-g-raag w-w-ou-ou aa-aa-nsoek d-d-d-oen." Die vrou agter die toonbank is nogal verbaas. "Dink u dat u 'n goeie verkoopsman sou wees, met u spraakgebrek?" "J-j-j-a," antwoord die man. "G-g-g-ee my 'n k-k-k-kans." Alles goed, in 'n Christelike gees besluit die vrou dat die arme man sekerlik 'n kans verdien, en hy is daar weg met 'n boks Bybels onder die arm.

Drie ure later is die man terug, sy boks leeg. "Hoe op aarde het u dit reggekry?" wil die vrou van die Bybelgenootskap weet. "Ons beste verkoopsman verkoop nie soveel in 'n week nie!" "M-m-m-m-aklik," sê die stotteraar. "E-e-e-k k-k-klop, hu-hu-hulle ma-ma-maak oop, e-e-e-e-n ek v-v-v-vra: w-w-w-w-il u 'n B-b-b-b-ybel k-k-k-k-k-k-koop, o-o-o-o-o-f s-s-s-s-s-al e-e-e-e-e-e-k v-v-v-v-v-v-v-voorl-l-l-l-lees?"

Share this post


Link to post
Share on other sites
Tjaart van der walt

Mike bekla sy lot by Kallie. "Man, elke keer wat ek met vakansie Durban toe gaan raak my vrou swanger. Drie vakansies nou al, en drie kinders later."

"Dis 'n moeilike saak," sê Kallie. "Ek neem aan jy gaan nou maar iewers anders heen vir jou vakansie?"

"Nee," antwoord Mike. "Ek het besluit om haar maar net in die vervolg saam te vat."

Share this post


Link to post
Share on other sites
admin

Mike vra Kallie - Is Portugal ver ? Kallie se nee, hy glo nie, want daar was Portugese saam met hom op skool en hulle het almal met fietse gery!

Share this post


Link to post
Share on other sites
DestinysAngels

Gert drink 'n dop in die kroeg en sien 'n bord wat lees: Kaastoebroodjies: R5, Chicken Mayonnaise: R10, D.......k R20, Hy roep die kroegmeisie en vra: " Is jy die een wat die D.......k doen? " Ja " sê sy. Hy sê: " Nou gaan was jou hande, ek soek 'n kaastoebroodjie! "

Edited by DestinysAngels
Spelling/Language

Share this post


Link to post
Share on other sites
Guest Guest

Definisie van 'n "kortpad" is:

'n Pad waarop jy niemand kan kry om vir jou te sê waar jy presies is nie.

 

en,

 

 

Wat is die definisie van 'n "tiener?"

Iemand wat alles weet van onderwerpe waaroor jy nie eksamen hoef te skryf nie...

Edited by Edmund1000

Share this post


Link to post
Share on other sites
Guest Guest

Dit is so snaaks gewees vir my! So onskuldig en niks bar nie! :cheesy:

 

 

Gatiep, die engel en die hoendertjie...

 

Gatiep soen soos gewoonlik vir Meraai goeienag voordat hy omdraai en binne 5 minute aan die slaap raak. Na 'n uur of twee skrik hy skielik helder wakker en sien 'n ou man langs sy kant van die bed staan, wit kleed en al. Meraai se lover? Hy kyk oor sy skouer maar dis pikdonker.

 

"Hey, wie's jy? Wat soek jy in my kamer?"

 

"Dis nie jou kamer nie, Gatiep, ek en jy is in die hemel."

 

"Wa-aat? Wil djy vir my kom vertel ek is dood Jy moet djou kop laat lees, ek is nog te jonk om te dood, ek wil dadelik teruggaan, NOU!"

 

"Dissie... ek meen, dis nie so maklik nie, sê die witgeklede engel, al die vakante poste..." Ag demmit, ek meen, jy kan net teruggaan aarde toe as 'n hond of 'n hoenderhen. wat sal dit wees?"

 

Gatiep oorweeg die saak so 'n bietjie, hoenderhen of hond? 'n Hoenderhen klink beter, hy het tog nie die krag om rond te hardloop en vir al wat kar is te blaf en saans te wag vir sy bak kos nie, dan liewer 'n hoenderhen wat heeldag niks doen nie. Beter as niks, dan is hy darem terug op die aarde.

 

"Okei, ek wil 'n hoender wees", en woeps, is hy in 'n hoenderhok iewers in die Vrystaat, so 'n mooi rooibruin hoendertjie, maar mense, sy agterent brand soos vuur!

 

Die haan kom kennis maak en sê "Haai, jy is mos die nuwe hoendertjie, die ou wat van die hemel af teruggekom het, hoe laaik jy om 'n hoender te wees?"

"Ag, dissie so bad nie, beter as om dood te wees." sê Gatiep, "maar ek voel ek gaan ontplof."

 

"Jy moet 'n eier lê, dan is alles oor, kekkel net twee keer en dan druk jy dat dit bars."

 

Gatiep maak toe soos die haan sê, kekkel twee keer en druk, en wraggies, plop, daar lê 'n eier op die grond. Dis so lekker dat hy dit sommer weer 'n keer doen.

 

Die derde keer toe stamp iemand hom dat hy daar trek en hy hoor Meraai skree: "Gatiep, word wakker, jy skyt die hele bed vol!"

 

 

 

 

Vlooie..

 

Koos klim op die trein met sy hond en gaan sit naby 'n wel geklede dame. Toe die basterbrak verveeld begin raak, begin hy krap dat dit 'n naarheid is, en die dame sê vererg: "Vat jou hond weg, ek kan al voel hoe die vlooie op my ronddans!"

 

"Haai Boesman, kom lê hier, die antie het vlooie!"

Edited by Edmund1000
Vlooie...

Share this post


Link to post
Share on other sites
Guest Guest

Raai wat maak 'n Blou Bul net nadat hy 'n wedstryd gewen het?

 

Wel, hy skakel die Sony Playstation af en gaan slaap...!

 

 

 

\:biggrin:/

Share this post


Link to post
Share on other sites
oryxza

ABSA se kwotas veries dat die Blou Bulle een keer elke 5 jaar terug staan so dat die minder bevoorregte unies kans kry om in die eindstryd te speel. :grin:

Share this post


Link to post
Share on other sites
oryxza

My rekenaar kort verseker 'n diens. Ek bly "HOME" click, maar ek bly by die werk - iets werk nie so lekker hier nie ...

Share this post


Link to post
Share on other sites
Tjaart van der walt

Gatiep en Maraai sit innie bus in Cape Town toe die lady op klim "with a face made up to kill" ekse: bloed roei lips, "seven layers of base" en silke "massive eyelashes" dat sy nie ees haar oe kan oep maakie.

Daars nie oep seats, so sy skee...m sy hang maar aan die leather strap.

 

"Hei Gammat," se Gatiep, "kom offer djy nie die lady 'n seat?"

"Nei," skeem Gammat, "a painting moet mos hang."

Share this post


Link to post
Share on other sites
Guest Guest
Veni, Vidi, Vendor - I came, I saw, I registered as a seller.

 

Verskoon my af-oomblik asb.!... Dis eenvoudig gestel...: PRAGTIG!!!!

 

~Een GROOT groepsdruk aan jou!~ :biggrin:

Share this post


Link to post
Share on other sites
admin

Die ou man in die Kaap bel sy seun in Windhoek die dag voor Oukersaand en se:

"Ek haat dit om jou dag te bederf, maar ek moet jou vertel ek en jou ma gaan

na 45 jaar se getroude lewe skei."

"Pa! Waarvan praat jy?" skree die seun.

"Ja," se die pa. "Ons het niks meer vir mekaar te se nie en ons kan mekaar net

nie meer langer verduur nie. Ek is moeg om hieroor te praat, so sal jy asseblief

jou suster in Randfontein bel en haar vertel."

Die ontstelde seun haas hom om die slegte nuus aan sy suster oor te dra.

By die aanhoor ontplof sy: "Dit sal die blerrie dag wees," skree sy. "Laat dit in my hande!"

Sy bel haar pa in die Kaap en skree: "Julle gaan NIE skei NIE! Moet niks doen

voordat ek nie daar is nie. Ek gaan my broer bel en ons sal albei more daar

wees. Moet NIKS voor die tyd doen nie. HOOR PA MY?" en sy hang op.

Die ou man skakel sy selfoon af, draai na sy vrou en se: "Opgelos! Hulle kom vir

Kersfees huis toe, en hulle betaal hul eie reisgeld."

Share this post


Link to post
Share on other sites
BumbleBabe
Die ou man in die Kaap bel sy seun in Windhoek die dag voor Oukersaand en se:

"Ek haat dit om jou dag te bederf, maar ek moet jou vertel ek en jou ma gaan

na 45 jaar se getroude lewe skei."

"Pa! Waarvan praat jy?" skree die seun.

"Ja," se die pa. "Ons het niks meer vir mekaar te se nie en ons kan mekaar net

nie meer langer verduur nie. Ek is moeg om hieroor te praat, so sal jy asseblief

jou suster in Randfontein bel en haar vertel."

Die ontstelde seun haas hom om die slegte nuus aan sy suster oor te dra.

By die aanhoor ontplof sy: "Dit sal die blerrie dag wees," skree sy. "Laat dit in my hande!"

Sy bel haar pa in die Kaap en skree: "Julle gaan NIE skei NIE! Moet niks doen

voordat ek nie daar is nie. Ek gaan my broer bel en ons sal albei more daar

wees. Moet NIKS voor die tyd doen nie. HOOR PA MY?" en sy hang op.

Die ou man skakel sy selfoon af, draai na sy vrou en se: "Opgelos! Hulle kom vir

Kersfees huis toe, en hulle betaal hul eie reisgeld."

 

Now thats a plan .............. whahahaha :laugh:

Share this post


Link to post
Share on other sites
DestinysAngels

‎:laugh:'n Ouderling word gevra om die sondag in die kerk 'n paar woorde te spreek.

 

 

Hy begin om te sê:

...

 

" Geagte broers en susters!!!

 

Vandag wil ek met julle praat oor 'n Stukkie vleis......!

 

DAAI stukkie vleis!!

 

Daardie stukkie vleis wat broers en susters van mekaar skei.....!!!

 

Dus daardie stukkie vleis wat MAN EN VROU van mekaar kan laat skei.....!!!

 

Dus daardie stukkie vleis wat families uit mekaar skeur so dat hulle vervreemd raak van mekaar......!!!

 

Dus daardie stukkie vleis wat vrouens met vrouens laat baklei broers en susters.....!!!

 

Dus daardie stukkie vleis wat partykeer meer buite is as wat hy binne is....en dan ook meer binne is as buite.....!!!

 

Broers en susters dit is daardie stukkie vleis wat soveel pyn en ook soveel plesier kan bring.....!!!

 

LIEWE BROERS EN SUSTERS DIE STUKKIE VLEIS WAT EK VANDAG OOR PRAAT MET JULLE...IS!!!

 

Die tong liewe broers en susters.":laugh:

Share this post


Link to post
Share on other sites
DestinysAngels

:grin:Ouma spuit parfuum agter haar ore, aan pols, hals en tussen haar borste..

 

Kleinkind vra: Ouma, wat van die gat in die osoonlaag?

 

Ouma: Hom kom ek somer met die waslap by!

Share this post


Link to post
Share on other sites
Guest Guest
153455_110320093437_facebook.jpg

 

Bril-deksels,deksels,deksels-jant...!!! (proe die dryfhout...?)

ADMIN? Respect to you man!!!

 

NS Tragies bygesê...: Maar; hoed-af vir die grafika en suiwer (en ongewone...) insig!

 

Groetnis

 

NS. Hoe sou dit na "sonder-dit" verloop het? Minder of meer... ;-)))

Share this post


Link to post
Share on other sites

Please sign in to comment

You will be able to leave a comment after signing in



Sign In Now
Sign in to follow this  

×